Die Eiesinnige Kind

Die Eiesinnige Kind

Dryf ‘n eiesinnige kind jou die mure uit?

Wonder jy waar jy as ouer gefaal het?

Jy het dalk ‘n kind met ‘n sterk wil…

Hulle word al protesterend oor die temeratuur in die kraamkamer gebore. As kleuters is dit vir hulle die grootste pret om die mat met Ma se grimering te verf of om die kat in die toilet te probeer wegspoel. As ouer kinders en tieners is hulle geirriteerd, uidagend en klaarblyklik daarop uit om enige vorm van gesag te ondermyn.

In Die Eiesinnige Kind gee Dr James Dobson praktiese raad oor hoe om ‘n kind met ‘n sterk wil groot te maak, gebaseer op die jongste navorsing en jare ondervinding as welbekende raadgewer.

Kom vind uit wat hierdie gesaghebbende skrywer oor kinderopvoeding se oor:

  • wat maak die eiesinnige kind so koppig en uittartend
  • hoe om die wil te vorm terwyl die gees beskerm word
  • hoe om die algemeenste foute te vermy
  • hoe om die eiesinnige kind te dissiplineer
  • die magstryd tussen broers en susters
  • eiesinnige adolessente
  • aandaggebrek/hiperaktiwiteit-sindroom

Hoewel dit uitdagend is om eiesinnige kinders groot te maak, kan hulle grootmense met ‘n sterk karakter word – as hulle met die regte tipe dissipline liefde en begrip gelei word.

ISBN: 9781770001688
Author: Dr James Dobson
Publisher: Christelike Uitgewersmaatskappy

ZAR90.00Price:
ZAR30.00P&P:
Share This
Loading Updating cart...
LoadingUpdating...

Comments are closed.

Close
E-mail It